HEIDELBERG NUUSFLITS - 'n 58-Jarige man is Saterdagaand 9 Desember noodlottig beseer toe die motor waarin hy en nog ’n passasier was, die pad verlaat en ’n paar keer gerol voor dit tot stilstand gekom het.
Die bestuurder, Jakobus Bonthuys van Hartenbos het blykbaar beheer oor die voertuig verloor.
Hy het op die toneel aan menigvuldige beserings beswyk.
Die voorval het ongeveer 20:55 sowat 5 km buite die dorp op die N2, rigting Swellendam plaasgevind.
Sy passasier, Louis Bornman is op die toneel behandel voor hy na Riversdal-hospitaal vervoer is.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO'S: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'