HEIDELBERG NUUS - Hagär-Deigh Esau, 2018-matriekleerder by Kairos Senior Sekondêre skool op Heidelberg se ma, Suzette Esau is onverwags tydens die nasionale eksamen oorlede – maar ten spyte daarvan het Esau gefokus gebly en ’n baccalareus vrystelling verwerf.
Esau se ma het die oggend na haar 18de verjaarsdagvieringe skielik siek geword en later in die hospitaal aan ’n beroerte gesterf.
Die terugslag het haar egter nie afgeskrik nie en het sy met die hulp en bystand van haar familie die tragedie verwerk en haarself oortref om dié vrystelling te verwerf.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'