ALBERTINIA NUUS - Die Fluisterboom, wat volgens oorvertelling fluister as jy aandagtig luister, is een van twee groot wildevybome op Marietjie Coetzee se plaas Voëlroepersfontein op Albertinia wat met kampioenboomstatus spog.
Hierdie wildevy (ficus thonningii/ficus burkei) is 200 jaar oud en sy stamomtrek van 14,6 m maak dit een van die dikste bome in die land.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'