RIVERSDAL NUUS - "Daar is baie hoë verwagtinge van 2017 se matrieks gekoester en hulle uitslae het aan die verwagtinge voldoen," het die hoof van Hoërskool Langenhoven, Piet de Villiers, gesê nadat die leerders hul uitslae ontvang het.
Uit die 86 kandidate het 85 geslaag, waaronder 20 A-gemiddeldes, 15 B-gemiddeldes en 157 vakonderskeidings behaal is.
Top-10-presteerders
1. Lize Mari Marais – 94,85% met 8 onderskeidings; 2. Dorette Bester – 94,14% met 7 onderskeidings; 3. Zendré Coetzer – 88,85% met 7 onderskeidings; 4. Salomien Oosthuizen – 88,57% met 8 onderskeidings; 5. Richard Marshall – 87,14% met 7 onderskeidings; 6. Janke Schonken - 87% met 6 onderskeidings; 7. Niah Bahnsen - 85% met 5 onderskeidings; 8. Cara Steyn - 85% met 5 onderskeidings; 9. Kayla Smith - 85% met 5 onderskeidings en 10. Marguerite de Wet - 85% met 6 onderskeidings.
Die top-3 se loopbaankeuses
1. Lize-Mari Marais - Onderstepoort, Pretoria - veearts.
2. Dorette Bester - Unisa - B.Rek. Gaan werk as SAICA-klerk by Boshoff Visser op Riversdal terwyl sy studeer.
3. Zendré Coetzer - Stellenbosch - aktuariële wetenskappe 2.
Agter, van links: Wayden Albertus, Lara du Toit, Elzé van Tonder, Yeserun Smith, Joshua Margerison en Janel du Preez. Middel: Kayla Smith, Marguerite de Wet, Kelly-Mari Boswell, Maryke Müller en Zennith van Schalkwyk. Voor: Dorette Bester, Zendré Coetzer, Salomien Oosthuizen, Richard Marshall, Janke Schonken en Cara Steyn. Afwesig: Lize-Mari Marais, Niah Bahnsen en Chané Wessels.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'