HESSEQUA NUUS - Die plaaslike strande gaan hierdie seisoen dubbel so veilig wees danksy samewerking tussen Stilbaai se NSRI stasie 31 en die Hessequa-lewensreddersklub.
Vakansiegangers se veiligheid sal dus van sowel die strand as van agter die golwe dopgehou word.
Volgens Tilana Coetzee van die lewensreddersklub het hulle die eerste gesamentlike oefening wat op Saterdag 26 Oktober gehou is, gebruik om mekaar se maneuvers te leer ken. Lewensredders van Heidelberg, Witsand, Riversdal en Stilbaai het deelgeneem.
Danie Gerryts van die NSRI sê hulle verwelkom die inisiatief wat tot groot voordeel van die hele Hessequa sal strek. Rdl. Tinus van den Berg het persoonlik Hessequa-munisipaliteit se steun aan die deelnemers oorgedra.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'