HESSEQUA NUUS - Laerskool Bertie Barnard het op 20 Oktober 'n dames oggendtee met die tema 'Ek is 'n prinses' in die Stilbaai-gemeenskapsaal aangebied.
Die aktrise en sangeres, Anlia van Rensburg het tydens die geleentheid opgetree.
Met smaakvol versierde tafels en lekker eetgoed, het die vrouens 'n heerlike oggend geniet terwyl geld vir die skool ingesamel is. 'n Plaaslike dansgroep, wat onlangs die eindronde van die televisieprogram,
Dans in jou taal, gehaal het, het ook opgetree.
Die tafels is keurig versier en almal het die oggend terdeë geniet.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'