ALBERTINIA NUUS - Nicoline Oosthuizen is as Albertinia-fotografieklub se fotograaf van die jaar aangewys en het goud vir haar uitmuntende foto's wat sy deur die jaar ingeskryf het, verower.
Carin Joubert het die tweede plek ingeneem en Christ-Mari Kruger die derde plek.
Die toekennings is aan hulle tydens die klub se jaarafsluiting op Saterdag, 5 Desember oorhandig.
Belangstellendes wat volgende jaar by die klub wil aansluit, kan hulle kontak by 084 563 7448.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'