RIVERSDAL NUUS - "Hoor, luister en beheer jou tong" is hoe biskop Brian Maraj 78 katkisante Sondag 16 September gemaan het tydens hul bevestigingsdiens in die St. Andrews Anglikaanse Kerk.
Die kandidate, waarvan die meerderheid tieners was, is met Skriflesings uit Jakobus 3 verse 1 tot 12, Markus 27 vers 38, asook Joshua 50 vers 4 bemoedig om sterk te wees en te bly staan in die Here.
Die kandidate, van oor die Riversdal-streek, waaronder die verskeie gemeentes van St. James, Vetterivier en St. Mary's, Brakfontein, het ook 'n skenking van R2 100 aan die kerk oorhandig.
Onder die kandidate was David Abrahams, voormalige Hessequa-raadslid.
Die kandidate wag in spanning buite die kerk. Foto's: Clive Pretorius, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'