HEIDELBERG NUUS - Die dorp en die groter Heidelberg-distrik het onlangs een van sy mees bekendste inwoners, Leonard Adams (58), aan die dood afgestaan.
Mister Leonard, soos die passievolle opvoeder alombekend was, het Woensdagoggend knap voor 12:00 ná 'n kort siekbed sy stryd teen kanker verloor.
Adams, wat sy onderwysopleiding aan Songhè Onderwyskollege in Worcester voltooi het, was vir baie jare by De Waalville en Slangrivier Primêre skole betrokke.
Hy was baie bekend onder die breë gemeenskappe van beide Heidelberg en Slangrivier waartydens hy ook by menige geleenthede as seremoniemeester opgetree het.
Hy laat sy vrou, Gail, en seun, Lee-Wade, agter.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’