HEIDELBERG NUUS - Ilse van Wyk, die skool se 2012 Dux-leerder is vir die jaar as onderwyser by haar alma mater aangestel.
Sy het einde verlede jaar haar studies aan die Universiteit Stellenbosch voltooi waartydens sy haar B.Ed Opvoedkunde-graad verwerf het.
Sy is ook besig met haar honneurs in opvoedkundige ontwikkeling en ondersteuning.
Sy bied Afrikaans en Engels vir grade 8 tot 10 aan.
Sy het haar laerskoolopleiding by Slangrivier Primêr voltooi.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'