ALBERTINIA NUUS - Honderde begrafnisgangers het Saterdag 8 Februarie hul laaste eer aan Delano Ntozini betoon.
Die 18-jarige is in die vroeë oggendure van Saterdag 1 Februarie met 'n mes gesteek. Hy het 'n uur later in Riversdal-hospitaal aan sy wonde beswyk.
Die laaste eerbetoon het om 09:00 in sy ouerhuis begin en is van 10:00 af in die gemeenskapsentrum voltrek.
Lede van Working on Fire, waar hy vyf maande voor sy dood gewerk het, het 'n erewag by die huis gevorm. Sy oorskot is deur brandweervoertuie na die gemeenskapsaal begelei. Na afloop van die roudiens is begrafnisgangers na die begraafplaas.
Onder die eregaste was Hessequa uitvoerende burgemeester Grant Riddles, St. Luke's Brigade, asook lede van die brandweer en die verkeersdepartement.
Hoewel hartseer, het sy familielede en vriende met sang en gewyde danse van hom afskeid geneem.
Vriende en kollegas vereer hul maat met 'n laaste saluut.
Working on Fire-kollegas by die oorskot in die gemeenskapsaal.
Kollegas neem afskeid van hul makker.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'