Video
MELKHOUTFONTEIN NUUS EN VIDEO - 'n Uiters geslaagde vredesoptog is Sondagmiddag, 27 Februarie deur die strate van Melkhoutfontein gehou.
Die boodskap was baie duidelik: "Ons gaan Melkhoutfontein terugvat uit die kloue van die dwelmhandelaars. Ons gaan Melkhoutfontein se strate weer veilig maak en ons gaan ons kinders weer hoop gee!"
Die optog het bestaan uit verkeerspolisie, plaaslike polisie, die Suid-Kaap openbare polisie orde, geestelike leiers, gemeenskapspolisieforumlede, brandbestrydingsdienste, munisipale raadslede en talle ander betrokke organisasies soos die Youth Desk en Badisa.
VIDEO: Inwoners waarsku dwelmsmouse
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'