HEIDELBERG NUUS - John Hartnick, een van Heidelberg se bekendste inwoners, het Maandag, 1 Februarie sy 81ste geboortedag herdenk.
Hierdie jaar se “18de” verjaarsdag, volgens oom Jannie soos hy alombekend is, was egter veel stiller as verlede jaar se swierige partytjie wat met sy hele gesin, familelede en vriende gehou was.
Magdalene, die immergroen oom Jannie se eggenoot met wie hy 38 jaar getroud was, het hom 14 jaar gelede ontval. Sy kroos bestaan uit vyf kinders, nege kleinkinders en drie agterkleinkinders.
Hy geniet nog baie goeie gesondheid en hou hom fiks, waaronder gereelde besoeke aan Witsand en Swellendam per fiets, asook korter afstande in die dorp en omgewing.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'