STILBAAI NUUS - Die Badisa Bejaardesorg in die Noord-Kaap is diep in die knyp en benodig dringend toiletware vir hulle bejaardes.
Huis Stilbaai het besluit om te help en hulle maak toiletware bymekaar om hierdie arme mense te help.
Hulle het alreeds pakkies gepak vir die tehuise in Loeriesfontein, Williston en Fraserburg.
Hulle soek nou skenkings en donasies om 150 pakkies op te maak vir Sutherland en Steinkopf.
Enige toiletware vir bejaardes sal baie waardeer word.
As jy enigsins kan help kan jy dit afgee by Huis Stilbaai se ontvangs in Perlemoenlaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’