RIVERSDAL NUUS - Soos alles maar elke jaar tot 'n einde kom, kon die Riversdal-fotografieklub met groot opwinding al die aktiwiteite van 2018 afsluit.
"Dit was verstommend om te sien hoeveel in die jaar gedoen is. Vanjaar is die jaar met die meeste aktiwiteite nog," sê Louw de Villiers.
Hoogtepunte sluit Grootvadersbosch, Blombos, Riversdal CSMX, werksessies en die maandelikse temas in. Tydens die afsluiting vir lede en hul metgeselle word erkenning gegee vir individue wie se fotografiese deelname uitgestaan het op verskeie gebiede.
Grové Koch se November-inskrywing, genaamd 'Maanhaar' is as foto van jaar aangewys met goeie kontras, sywaartse verligting en steurnislose agtergrond. "Dit was 'n voorreg om Corné Ferreira as fotograaf van die jaar aan te wys. Behalwe vir aktiewe deelname deur die jaar se agt temas, het sy ook 'n goeie gemiddelde kwaliteit in haar inskrywings gehandhaaf."
'Winterland' is een van haar foto's wat haar talent wys om atmosfeer vas te vang.
Belangstellendes is welkom om die klub se webtuiste by www.riversdalfk.co.za te besoek vir meer inligting.
'Winterland' deur Corné Ferreira.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'