RIVERSDAL SKOLE NUUS - Emmari Gildenhuys, Nadia Enslin, Angelo Bergh, Kristoan Hattingh van Wyk en Armand Lubbe, het 28 Februarie aan die nasionale toneelspelkompetisie se uitdunronde in George deelgeneem.
Die uitslae sal middel Maart bekendgemaak word.
Die kompetisie word in 2019 vir die 18de keer deur Hoërskool Bellville aangebied.
Van 2018 se deelnemers het rolle in kykNET se vervolgverhale en enkeldramas gekry.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'