RIVERSDAL NUUS - Die jaarlikse Ratem-eisteddfod het vanaf 27 tot 30 Augustus op Riversdal plaasgevind.
Vier en veertig leerders het aan 66 items in vier kategorieë deelgeneem, waarvan 24 goud+, 32 goud, ses silwer en vier brons verwerf.
Drie leerders verwerf goud+ (90% en hoër) in al hul items waarvoor hulle ingeskryf het. Paula-Mari Streicher (dialoog 93% en poësie 92%), Caila Christie (95% en 92% vir skryfstukke) en Elizmarie Solomon (90% vir beide haar skryfstukke).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'