RIVERSDAL NUUS - Alika Steyn en Tiani Thiart (beide graad 12) het aan die Okavango Vasbyt vir meisies deelgeneem en geslaag.
Dit is 'n unieke prestasie wat bo alles bewys dat hulle oor onuitspreeklike deursettingsvermoë en leierskap beskik, aangesien hierdie kamp 'n fisiese en emosioneel moeilike leierskapskursus is.
Mnr. Andries Erwee, aanbieder van oorlewingskampe, het op 11 Februarie 'n besondere boodskap vir die Dasse gebring.
Hy het tydens hierdie geleentheid vir dié Dasse die nodige erkenning gegee en aan hulle sertifikate oorhandig.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'