RIVERSDAL NUUS - Emmari Gildenhuys (gr. 9) en Angelo Bergh (gr. 12) van Hoërskool Langenhoven is die enigste Suid-Kapenaars wat uit ongeveer 3 000 leerders vir die Speeltoneel-kompetisie van KykNET gekies is.
Hulle sal vir die volgende jaar een keer per maand privaatlesse in die Kaap by Desiré Gardner en haar span ontvang.
Dit sluit akteurs soos Izak Davel en Je-ani Swiegelaar, bekend vir haar rol as Naomi Koster van Binnelanders, in. Gildenhuys en Bergh sal ook weekliks aanlyn opleiding ontvang.
Volgens openbare betrekkinge-beampte Estéa Venter is die kans dat hulle in April 2021 in 'n kortfilm op KykNET te sien sal wees, groot.
Angelo Bergh
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'