RIVERSDAL NUUS - Die skool het op 15 November hul jaarlikse donateursfunksie in die ondersteunersklub gehou.
Lede van die gemeenskap en vriende van die skool is bedank vir hulle ruim bydraes en ondersteuning die afgelope jaar.
"Sonder hierdie borge kan die skool nie voortbestaan nie. Baie dankie aan elke donateur vir alles wat julle doen en beteken vir die skool," het mnr. Piet de Villiers, skoolhoof gesê.
Van links: Mnre. Kobus Louwrens, James Ackhurst, Piet de Villiers, André van Wyk en Danie van Rensburg in 'n gesellige luim.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'