HESSEQUA NUUS - Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) se belegging in die onderwys en deurlopende bydrae tot verskeie fasette van geletterdheidsontwikkeling, sluit sedert 2017 'n fokus op wetenskap-ontwikkeling in. In vennootskap met Stellenbosch University Outreach (SUNCOI) het vier gr. 11-leerders hierdie sessie bygewoon.
'n Dag lange werksessie en praktiese komponente van die skoolkurrikulum is in 'n ten volle toegeruste laboratorium aangebied. Die leerders verstaan die werk baie beter omdat hulle die praktiese gedeeltes gesien het en ook self kon doen.
Die SBA se fokus met hierdie projek is om leerders wat nie 'n toegeruste laboratorium by hul skole het nie wel die geleentheid te gee om dit te ervaar.
Van links is mej. Bianca Greeff (SBA) Ghanedine Micheals, Hagan Eksteen, Jaylin Abrahams en Ruben Oosthuizen. Agter is mnr. Gerswin Cupido (SBA Chemie-projekleier).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'