RIVERSDAL NUUS - Die graad 12-leerders het sedert hul terugkeer ná die grendeltyd beïndruk met die hoë standaard van samewerking en verantwoordelikheidsin wat hulle in die koshuis en skool openbaar.
Die Oakdale Ouer-Onderwysersvereniging (OOV), onder leiding van me Reza la Cock saam met 'n groepie ma's, het die Bulle nog elke week na aandstudie met onder andere pannekoeke, warm sjokolade en beskuit verras.
Elke Oakdaler het verlede week heerlike hamburger as beloning vir hulle samewerking en volwasse houding ontvang.
Mnr André Latsky (skoolhoof), Zander Raubenheimer (hoofseun), Gabri Volschenk, William Barnard en me Reza la Cock (voorsitter van die OOV).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'