RIVERSDAL NUUS - Die skool het op Dinsdag, 18 Januarie 107 graad 8-leerders geregistreer.
Van hierdie groep nuwe Bulletjies maak 100 van koshuisinwoning gebruik. Die seuns kom van regoor die Wes-Kaap, maar ook so ver as die Oos-Kaap en De Aar.
Soos elke jaar word baie sterk klem gelê op die Oakdale-waardestelsel en sal hierdie leerders spoedig weet wat word van ware Bulle verwag. Hier word respek, vriendelikheid, opregtheid, netheid en sterk dissipline baie hoog aangeslaan.
Afgesien daarvan dat hierdie jongmanne in Oakdalerskap sal moet groei, sien hulle uit om die geleenthede wat die skool bied, met beide hande aan te gryp.
'n Totaal van 107 graad 8-leerders van regoor die land het vanjaar deel van die Oakdale-familie geword.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'