RIVERSDAL NUUS - Kuns, klank, kos, kultuur, klingels en kinkels, kuier en nogmaals kuier.
Klink dit lekker? Pak jou tasse vir 'n heerlike naweekkuier van 25 tot 27 Maart in Riversdal.
'n Kunsuitstalling wat rondom die bekende eertydse digter, CJ Langenhoven gebou word, is ook in die vooruitsig.
Die uitstalling, genaamd die Hiefel Fiefel Pad-af-uitstalling wat verleen is van 'n gedig deur Langenhoven word deur die Hessequa Kunsroete beplan vir 26 Maart.
Op pad KKNK toe? Kom drink gou koffie in Riversdal en - kom kuier!
Jy kan boonop 'n wegbreekkuier van ongeveer R3 000 losslaan.
Hierdie uitstalling moet jy nie misloop nie. Vir verdere besonderhede, skakel 060 822 2195.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'