HEIDELBERG NUUS - Een van dié dorp se hoogtepunte is sy gewilde landbouskou wat aanstaande Woensdag, 7 Februarie, begin en tot Saterdag 10 Februarie duur.
Die volgepakte program bied iets wat in elkeen se smaak sal val.
As diere jou interesseer, sal die groot verskeidenheid items waar perde deur hul passies geneem word, jou laat regop sit. Maar noem op: beeste, skape, skaaphonde, bokke en Waliese ponies maak almal 'n verskyning op die program.
Die Rieldansers en 'n groep Kaapse Klopse sal ook vir 'n eerste keer op die skou optree. Hul optredes is iets besonders om te aanskou.
Vir die mans en vroue is daar iets spesiaals en selfs baba's het hul eie skou waar lekker pryse gewen kan word.
Die Jeugskou op Saterdag 10 Februarie sal ongetwyfeld groot aandag trek.
Toegang Woensdag is gratis, maar op die ander weeksdae wissel dit tussen R30 (Donderdag) en R50 (Vrydag en Saterdag ) vir volwassenes. Kinders betaal slegs R10 en voertuie ook R10.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’