HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike landdroskantoor het weer ’n permanente landdros tot hul beskikking na die skielike heengaan verlede jaar van Michael Delport.
Brenda Roodt, boorling van Johannesburg is sedert 1 Desember as landdros hier aangestel.
Sy het meer as 25 jaar diens by justisie, waarvan 10 jaar as aanklaer en 15 as landdros.
Sy was vir die afgelope agt jaar op Kimberley gevestig.
Roodt noem dat sy graag ’n verskil in die breë gemeenskap wil maak deur veral wedersydse respek te bewerkstellig.
"Ek voel al redelik tuis in my nuwe omgewing, waar ek dan ook beplan om hopelik af te tree," sê sy. Haar eggenoot is ’n adjudant-offisier in die polisie op Kimberley.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'