Die trots, netheid, tradisie en sterk dissipline waaraan hulle gedurende die afgelope twee weke blootgestel is, het reeds groot impak gemaak op hierdie gemotiveerde groep Oakdalertjies.
Die matriekklas van 2013 het die baadjies vir die graad 8 leerders aangetrek simbolies van die verantwoordelikheid wat aan hul opgedra word vir die volgende vyf jaar.
Die geleentheid is baie formeel aangebied en woon baie ouers jaarliks hierdie geleentheid by.
Oakdale is bekend vir 'n sterk tradisie en sal dit ook vanjaar sterk beklemtoon tydens die skool se 85-jarige herdenking in Mei-maand.

Trots staan die nuwe Bulle met hul kleurbaadjies wat Maandagoggend aan hul oorhandig is.