ALBERTINIA NUUS - Goggaboks-kleuterskool in Albertinia het op 9 September twee vrugtebome, 'n perske- en koejawelboom, in hul skooltuin geplant.
Selma Prins, Albertinia se bibliotekaresse, het die taak saam met Lydia Mareé, eienaar van Goggaboks, aangepak.
Die kinders het ook hul eie kompos by die kleuterskool gemaak.
Die jongspan is ook geleer hoe om na hierdie bome om te sien, water te gee en om die tuinbedding skoon te hou.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'