HEIDELBERG NUUSFLITS - Pietman en Corné Janse van Rensburg het saam met hul twee oudste kinders, Pieter (14) en Markus (11) die Kilimanjaro gaan uitklim.
Met maande se vooraf beplanning en voorbereiding het hulle vanaf Kaapstad na Ethiopia gevlieg en ‘n nag in die Afrika-stad, Addis Ababa oorgebly om die volgende oggend na Kilimanjaro te vlieg.
“Om ons met die hoogte bo seëvlak klimatisering te help het ons twee nagte in Moshi deurgebring,” vertel Corné.
Volgens haar is daar verskillende roetes om van te kies om bo-op die berg te kom.
Hulle het op die Machame-roete besluit wat hul sewe dae sou neem om hul klim te voltooi. “Hoe beskryf mens so ‘n belewenis? In kort – gelooflik, wonderlik, ongelooflik uitdagend.”
Lees meer in die Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'