RIVERSDAL NUUS - Hoewel Gerrit du Plessis Senior Sekondêr se slaagsyfer van 66,9% swakker as die vorige jaar is, het hulle 'n toppresteerder opgelewer.
Brintly Bezuidenhout slaag met twee A's, een vir lewensoriëntering en die ander vir geografie. Sy gemiddeld is 78%.
Met die skool se prysuitdeling ontvang hy toekennings vir rugbyspeler- en sportman van die jaar, beste presteerder in alle vakke, ambassadeur vir 2018 en dux-leerder.
Bezuidenhout gaan onderwys aan die Noordwes Universiteit, Potchefstroom-kampus studeer en wil sy graad voltooi.
Hy is verlede jaar in die SWD Eagles o.18-rugbyspan opgeneem.
Op Facebook skryf hy dat hy nog altyd daarvan gedroom het om die 'Eagle' te kan dra.
Hy gaan natuurlik vir die universiteit ook rugby speel.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'