Gallery
ALBERTINIA NUUS - ‘n Wilde vyeboom, ook bekend as die Fluisterboom, het tydens 'n spesiale funksie op die plaas Voëlroepersfontein buite Albertinia onlangs kampioenboomstatus vanaf die departement landbou, bosbou en visserye ontvang.
Hessequa-burgemeester Grant Riddles, rdl Ivan Mangaliso, sakelui en uitgenooide gaste was teenwoordig. Riddles het die eienaar van die boom, Marietjie Coetzee vir haar passie en deursettingsvermoë bedank dat sy daarmee vir Albertinia stewig op die toerismekaart geplaas het.
Die Fluisterboom, wat volgens oorvertelling fluister as jy aandagtig luister, is een van twee groot wildevybome op die plaas wat nou met dié besonderse status spog.
Dit is tans een van die 10 dikste bome in Suid-Afrika.
Die departement het die projek van stapel gestuur om bome waardig vir beskerming te identifiseer.
Kampioenbome geniet nasionale beskerming weens hul uitsonderlike grootte, ouderdom, kultuur en historiese waarde.
Van die gaste wat die geleentheid bygewoon het. Foto's: Heinrich Fortuin.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'