Vanjaar jaar moes die geleentheid na die burgersentrum verskuif. Volgens Chris Veldsman, bestuurder, het die dienssentrumlokaal eenvoudig net te klein geword.
"Die afgelope vyf jaar het die basaar gegroei, gegroei en nogmaals gegroei! Ons kan met trots aankondig dat die persentasie groei sedert 2009 tot en met 2014 'n fenominale 650% was. Die pragtige bedrag van R75 000 is hierdie jaar ingesamel," het hy gesê. "Hiervoor kan dank net gaan aan almal wat so ongelooflik bygedra het tot die fondsinsameling, die personeel en vrywilligers wat verskriklik hard gewerk het en natuurlik ons hemelse Vader!"
Die negatief van die saak is dat die mense in die tehuise wat die fondse benodig, al meer raak. Die ekonomie druk swaar op die nie-winsgewende organisasies en die maniere waarop fondse geïn word, moet al meer kreatief raak. Besighede se 'geldsakke' is nie meer so oop soos voorheen nie en iewers gaan die inkomste wat uit fondsinsamelings gegenereer word, 'n plafon bereik.
"Weereens dankie aan almal wat deelgeneem het; personeel, vrywilligers, die kopers en sommer almal wat op een of ander manier ondersteun het."
Tobie Bothes en twee van sy personeellede van Feedem Pitseng het ook hul deel bygedra. Foto's: Wilma Adamson.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'