Davinia Mallowitz se moeder bewaar reeds vir jare na haar eie doop dié spesiale dooprok.
Davinia, gebore op 18 November 1980 is vroeg in 1981 gedoop in die pragtige dooprok. David en Mavis October het die dooprok in Bellville, in Kaapstad gekoop vir hul dogtertjie se spesiale dag.
Davinia vertel dat Mavis die dooprok deur die jare bewaar het en dat dit vandag nog spierwit en netjies vertoon.
Op 6 Oktober 2013 is Davinia se niggie, Ellen Michaels se babadogter, Eloise, gebore. Die niggies het besluit dat Eloise in dieselfde dooprok as Davinia gedoop sou word. In Maart-maand, is Eloise Michaels in die AGS gemeente in Melkhoutfontein gedoop in die familie erfstuk.

Eloise Michaels met die dooprok waarin sy onlangs gedoop is. Die rok is 34-jaar gelede gebruik toe Davina Mallowitz (inlas) ook in die rok gedoop is.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'