RIVERSDAL NUUS - Community Animal Rescue Society (Cars) op Riversdal het onlangs ‘n wonderlike donasie al die pad van Kaapstad ontvang.
Die donasie het honde- en katkos, komberse, handdoeke en kussings ingesluit.
Na ‘n beroep op Facebook vir iemand om die donasie na Riversdal te vervoer, het verskeie diereliefhebbers, ondernemings en organisasies kragte saamgespan om die donasie selfs groter te maak en dit veilig aan Cars op Riversdal te besorg.
‘n Groot dankie aan Michelle du Toit van Barefoot Rescue en Pet Habitat vir die skenkings sowel as aan Carisma Car & Bakkie Hire in Kaapstad en Animal Lifeline vir die vervoer van die donasie. Die publiek het ook bydraes gemaak.
“Dit is wonderlik hoe die gemeenskap saamstaan om diere in nood te help. Dit is prysenswaardig,” het Cars se voorsitter, Sandra Lotz gesê.
Lees Vrydag meer oor wie nog saamgewerk het om die plaaslike diertjies warm en gevoer te hou.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'