Mnr. Tienie Schoeman, welbekende in Riversdal, is vanaf 1 Januarie aangestel as die nuwe bestuurder van Droom Dienssentrum en beoog om en alle tye die beste vir die lede daar te stel.
Die dienssentrum lê veral klem op bekostigbare middagetes, wat hul self aflewer by huise van persone wat dit nie self kan gaan afhaal nie; gesondheidsdienste deur ‘n opgeleide suster, op Woensdae en Donderdae; tuisversorging; voetediens; handvaarheidsprojekte; sosiale program wat onder andere insluit - geestelike programme, intessante praatjies, DVD’s en speletjies word op Dinsdae en Woensdae aangebied; asook uitstappies een keer per maand.
Hul is afhanklik van die hulp van vrywilligers met die aanbied van programme, projekte en fondsinsamelings. Me. Grieta de Jager vra die gemeenskap om hul hulp aan te bied met die bedrywighede, aangesien hul dringend opsoek is na mense wat kan handjie bysit met die stoot van die rolstoele vanaf Ou Meule tot by die Sentrum sodat al die inwoners kan deel hê aan die programme. Sy kan gekontak word by 028 713 1382.
Mnr. Schoeman nooi ander belangstellendes uit om aan te sluit as ‘n lid, en deel te wees van ‘n wonderlike familie wat deel in mekaar se vreugdes en hartseer. Hy kan gekontak word by 028 713 3301.
Die afgelope kwartaal het begin met ‘n heerlike sangoggend, hulle het geleer oor vetplante, is besoek deur leerders van Christlike Academy, ds. André Jordaan het die lede se Bybelkennis getoets, die dames het deelgeneem aan ‘n breikompetisie, en hul is deur die dames van die skoukomitee trakteer op ‘n heerlike onthaal tydens die skou. Verder sien hul uit die kwartaal na die optrede deur Evangelis Tonie Grobbelaar met sang en getuienis, ‘n sangoggend saam met Annatjie Joubert, en hul sluit die kwartaal af met ‘n heerlike ete by die sentrum. Gaan loer gerus in elke Dinsdag- en Woensdagoggend om 09:30 by Droom Dienssentrum - almal is hartlik welkom.
.jpg)
Die lede het meer geleer van vetplante- hier is mevv. Dina Swart, Robertson en Yvonne Moolman besig met die plant van vetplantjies.