ALBERTINIA NUUSFLITS - Die ATKV het Marietjie Coetzee onlangs vereer met ’n Woordveertjie vir haar uitsonderlike bydrae tot die literêre landskap en Afrikaanse uitgewersbedryf die afgelope 35 jaar.
Die liefde vir stories loop sterk in Coetzee se familie. Haar ma, Emily, het 49 boeke geskryf, onder andere jeugverhale, soos die gewilde Ouplaas-reeks.
Haar broer, wyle Pieter Pieterse is die legendariese storieverteller, TV-aanbieder, draaiboekskrywer en skrywer van 33 boeke waarvan meeste in Engels - en een in Frans - vertaal is.
’n Verdere hoogtepunt was die stigting van die uitgewery HAUM-Literêr in 1984.
In 1994 aanvaar sy ’n uitgewersaanbod van Human & Rousseau (H&R) en sit haar liefde vir die letterkunde voort.
Haar raad aan voornemende skrywers? “Die grootste en belangrikste gebod in die skryfbedryf is dat die skrywer ’n toegewyde leser moet wees.”
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'