Update
STILBAAI NUUS - Eden-distriksmunisipaliteit se brandweerspan het die brand buite Stilbaai, wat gistermiddag (2 Mei) weer opgevlam het, deur die nag gemonitor.
Geen opvlammings is deur die nag opgemerk nie en sal lugondersteuning die stand van die brand vanoggend assesseer en vir enige opvlammings monitor.
Bevestiging is ontvang dat twee strukture beskadig is tydens die brand.
Die inwoners van die geaffekteerde woning wat beskadig is, het reeds hulp en ondersteuning van die plaaseienaar ontvang en is die tweede huis ? vakansiewoning.
? Versoek word gerig vir die skenking van drinkwater, koeldrank en sjokolade wat energie verskaf vir die brandbestryders.
Donasies kan by die verkeerskantoor op Riversdal afgegee word, of by die munisipale kantore op Stilbaai.
Lees 'n vorige artikel: Brand vlam weer op.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'