STILBAAI NUUS - Die brand wat gister (Dinsdag 1 Mei) op Klipfontein buite Stilbaai ontstaan het, het weer opgevlam as gevolg van ‘n baie sterk wind.
Volgens inligting wat nog nie deur Hessequa-brandweer bevestig is nie, het twee huise reeds in die slag gebly.
Die plaaslike Lions-klub vra donasies van klere en enige huishoudelike benodighede vir die bewoners van die twee huise.
Lions kan op hul Facebook-blad gekontak word.
Lees 'n vorige artikel: Brand onder beheer maar nog nie veilig
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'