Die spelers het in groot getalle dit bygewoon. Toekennings is gemaak aan alle spelers, toeskouers en gaste.
Dit was duidelik dat Blues elke jaar toevoegings kry by die geleentheid.
Toekennings:
Beste presteerders:
C-span: Voorspeler: Leon van Eeden; Agterspeler: Monray Dekela;
Tweede-span: Voorspeler: Kenneth Levendal; Agterspeler: Teswille Tarentaal;
A-span: Voorspeler: Byrone May; Agterspeler: Nathaniël Jafta.
Mees gevorderde spelers: Ruhein Prins en Rodger Haai. Mees toegewyde spelers: Andries Hofman (Hoffie) en Teswille Stephanus.
By die spesiale toekennings is Wayne Khan, wat vir die Arende senior span speel, vereer.
Speler van die jaar is: Nathaniël Jafta en Jaco Arendse is aangewys as die Sportman van die jaar.
Die bestuur bedank almal wat 'n bydrae gelewer het tot die prag geleentheid.

Een van die mees toegewyde spelers - Teswille Stephanus met sy toekenning.

Die afrigter van die A-span, Den Johnson, saam met Nathaniël Jafta (speler van die jaar) en Jaco Arendse (sportman van die jaar). Foto's: Heinrich Fortuin.

Die C-span van Blues was as die span van die jaar aangewys.

Die B-span was vanjaar die wenners by die finale in George.