ALBERTINIA NUUS - Blackballs-potspelklub van Albertinia sit hul segetog van die afgelope weke voort deur die Angels van Heidelberg Sondag, 15 Mei met 14-22 te verslaan.
Hulle het verlede week vir V-dub in 'n derby met 23-13 met die kous oor die kop huis toe gestuur.
Skarrelkids het hulle wedstryd teen Down Town van Albertinia met 20-19 na 'n uitskietrondte gewen.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'