HESSEQUA NUUS - Dit is weer hierdie tyd van die jaar dat skole met prag en praal van hul gr. 12-leerders afskeid begin neem.
Skole wat foto's in Suid-Kaap Forum wil plaas, moet onthou dat - soos in die verlede - ons slegs een foto per skool plaas omdat ons onmoontlik nie plek vir almal het nie.
Ons stel voor dat 'n groep (maksimum 10 leerders) afgeneem word.
Ons kan afsonderlike paartjies en groepies wel akkommodeer deur hul na ons webtuiste te stuur onder fotogalerye (www.suidkaapforum.com).
Skole se samewerking in die verband sal waardeer word.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'