HEIDELBERG NUUS - Weens die landwye verbod op die veiling en skou van gesplete-hoefdiere weens bek-en-klouseer, is die skaapskou by die Heidelberg-skou afgestel.
Die verbod op die beweging van beeste, skape, bokke, mak- en wildevarke en enige ander gesplete-hoefspesies, insluitend wild is sedert 4 Desember landwyd van krag.
Dit beteken dat diere van twee of meer bronne van oorsprong nie binne 28 dae na twee of meer plekke versprei mag word nie.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'