Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Jakkie van der Colff (77) het Donderdag 12 September by die Meurant Voortrekkerlaer besoek afgelê.
Die bejaarde fietsryer het op 17 Augustus by die Voortrekker Monument in Pretoria weggespring en beoog om op 21 September by die Taalmonument in die Paarl aan te kom.
Dit is ’n afstand van 2 700 km wat hy aflê om die Voortrekkerbeweging bekend te stel en te bemark. “Ek is spyt dat ek nooit by die Voortrekkers aangesluit het nie,” het hy vir hulle gesê.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'