HESSEQUA NUUS - In 'n persverklaring, uitgereik deur rdl. Elias Dyamani, ANC Hessequa Sweep, was daar spesifiek vyf punte op die agenda wat ernstige en duur finansiele implikasies vir inwoners en die munisipaliteit inhou.
Hy het dit duidelik gestel dat sommige van die items wel voor die portefeuljekomitees en uitvoerende burgemeesters komitee (UBK) gedien het, maar dat dit nou by die raad verskil.
"Die vyf minute spreekbeurt oor elke item, volgens die raad se ordereëls is nie voldoende nie."
Die ANC se versoek was dat hierdie items terugverwys word na ‘n werkswinkel of gesamentlike koukus, wat volgens hom deur die Speaker geweier is.
Leer meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'