Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die eienaar van 'n Volkswagen Amarok was Dinsdagoggend 29 Januarie onderweg vanaf George na Kaapstad toe rook onder die enjinkap uitborrel.
"Ek was amper by Bali Trading voor Riversdal en het dadelik in die parkeerruimte van die kompleks stilgehou," vertel die man, wat verkies om anoniem te bly.
Die bakkie het begin brand en hy het onmiddellik die brandweer geskakel. Hoewel hulle baie gou opgedaag het, kon hulle nie verhoed dat die enjin en binneruim uitbrand nie.
"Ek het die bakkie in 2014 nuut gekoop en nog nooit enige probleem daarmee ondervind nie."
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'