HEIDELBERG NUUS - Anna Wilhelmina Pretorius (ant Mientjies) van Heidelberg het Donderdag 15 September haar 94ste geboortedag herdenk.
Die besonderse mylpaal het sy saam met 'n paar familie- en gemeentelede gevier. Sy was nie getroud nie en haar enigste seun, Piet, het haar 'n paar jaar gelede ontval.
Sy geniet redelik goeie gesondheid, maar gebruik veiligheidshalwe 'n kierie.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'