WITSAND NUUS - Pieter Geldenhuys (73), alombekend as Mister Patty, voormalige opvoeder, het in die see by Witsand verdrink, Sondag 16 Januarie, nadat hy vermoedelik 'n hartaanval gehad het.
Volgens 'n familielid het hy digby die Ancorage-restaurant in die see geswem. 'n Man wat besig was om te hengel het blykbaar sy hand bo die water sien uitsteek en het alarm gemaak.
Hy is na die strand gebring, waar hy op die toneel om 12:30 dood verklaar is.
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'