RIVERSDAL NUUS - Die Hoër Landbouskool Oakdale spog vanjaar met vier leerders wat in die SA o/18 se hoë prestasiegroep ingesluit is.
Paul de Villiers, Dian Heunis, Niel le Roux en Phillip Kleynhans wat almal vir die eerste rugbyspan uitdraf, het die eer te beurt geval.
Die spelers is deel van die groep van 35 rugbyspelers wat op Saterdag, 31 Julie op ‘n toer na Georgia vertrek.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'