Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Altesaam 12 mense, insluitend die bestuurder, is beseer toe die bakkie wat hulle vanaf Stilbaai vervoer het, omstreeks 18:00 by die hoofingang na Riversdal omgeslaan het.
Die meeste van die werkers is agterin die bakkie met ‘n kappie vervoer. Volgens beamptes op die toneel het die bestuurder by die ingang na Kwanokuthula glo besef die bakkie se remme is onklaar.
Hy het klaarblyklik beheer oor die voertuig verloor, waarna dit gerol en in ’n sloot langs die begraafplaas beland het.
Die bebloede pasiënte is per ambulans en ander noodvoertuie na Riversdal-hospitaal geneem.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'