VERKIESINGSNUUS - Stemlokale in Riversdal, waar spesiale stemme soos elders in die land in aanloop tot Woensdag 8 Mei se verkiesing uitgebring word, was Dinsdagoggend doodstil.
By Kwanokuthula-gemeenskapsentrum het daar volgens verkiesingsbeamptes teen 10:00 nog net twee persone met vergunning om ’n spesiale stem uit te bring, opgedaag.
By Riverville-stadion was daar teen daardie tyd nog net drie, en by die Riversdal-burgersentrum was dit ook rustig.
Volgens verkiesingsbeamptes het heelwat meer mense die lokale Maandag besoek, terwyl verkiesingsbeamptes vandag die kiesers wat nie by die lokale kon uitkom nie, besoek het.
By al die stemlokale was polisielede ontplooi.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'